A PHP Error was encountered

Severity: Notice - Message: Undefined index: HTTP_ACCEPT_LANGUAGE - Filename: config/config.php - Line Number: 585

Verdampend (poem) - Wilma Stockenström - South Africa - Poetry International
 
Poetry International Web
en/nl
dutch news
previous
 
 
 

Verdampend
Noudat ek brosser beginne word,
weet ek nie meer so mooi
hoe ek dit het en waar ek hoort.
Die son die brand my skouerknoppe
bruin soos beskuit se ronde korsies.
Ek was so’n sappige kind!
’n Hele tagtig persent water
gerangskik om ’n skelet
nogal met skarniere toegerus
sodat ek die aarde kon bewandel,
vol verwondering kon raak aan
ander saamgestel soos ek: water
water water water water en.